A nice Port Elizabeth image:
Kinders vorm rye om hul sop te ontvang

Image by Direkteur Begeleiding
Die Barcelona Voedingsprojek in Malabar, Port Elizabeth, het ontstaan toe ‘n lidmaat van Somerstrand kinders op straat raakgesien het. Toe hy vra waar hulle bly, was die antwoord: "In die bos". Hy het gaan kyk en saam met vriende besluit om iets aan die kinders se lot te doen. ‘n Baie groot donasie skoene is bekom en teen R20 per paar aan huishulpe verkoop en so is R20,000 ingesamel. Dit is gebruik om vraghouers en ‘n groot gasstoof te koop. Donateurs skenk voedsel. Deesdae kry 350 kinders uit die "bos" 2 keer per week ‘n voedsame maal bestaande uit samp, en sop wat kool, aartappel, wortel, uie, vleisbene e.s.m. insluit. Die projek het deesdae 2 vraghouers, en dit word op Woensdae vir ‘n munisipale gesondheidskliniek gebruik. Daar is ook ‘n geestelike bediening aan die kinders. Jongste statistiek toon aan dat al die kinders wat sop ontvang nou skoolgaan. Die projek is amper 6 jaar oud.
Image automatically curated and published by www.free-mail.co.za – CLICK HERE to learn more about WP Robot for WordPress.
Have you tried: Visiting Port Elizabeth?
